On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 20 Nov 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die weeklikse Amerikaanse mielie-uitvoerverkope was 11% meer as die vorige week se uitvoerverkope en dit het die handelsverwagtinge in die mark oortref.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R14/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 428/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R35/ton hoër verhandel om teen R3 391/ton te sluit.


 
Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister gemeng verhandel en was aanvanklik onder druk, maar die mark kon daarin slaag om sterker te sluit vir die dag.

Die Amerikaanse sojaboon uitvoerverkope het hierdie week die laagste weeklikse vlak nog in die bemarkingsjaar bereik. Dit was egter steeds meer as wat die algemene handelsverwagtinge vir die week was.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R40/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 670/ton te sluit.
 


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.  

Die weeklikse uitvoerverkope wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer was, was teleurstellend en dit het bygedra tot die druk op die mark.

Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel en het nie groot prysbewegings vir die dag getoon nie.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R6/ton laer verhandel om teen R4 981/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.