On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Prysstygings van elektrisiteit bedreig volhoubaarheid van landbou

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 23 Nov 2020

Prysstygings van elektrisiteit bedreig volhoubaarheid van landbou | News Article

Die volhoubaarheid van bekostigbare voedselproduksie in Suid-Afrika word bedreig deur prysstygings van elektrisiteit.


Dit is volgens dr. Jack Armour, bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou (VL). Armour het hierdie waarskuwing verlede week aan die National Energy Regulator of South Africa (Nersa) gegee toe hy Nersa toegespreek het oor Eskom se voorgestelde planne om die prys van elektrisiteit verder te verhoog. OFM-nuus se Elsabé Richard het met Armour gepraat oor hoe prysstygings van elektrisiteit die landboubedryf kan beïnvloed…


Sien onderstaande PODCAST


Dit kom nadat Nersa reeds hofsake teen Eskom verloor het wat beteken dat Eskom oor die volgende vyf jaar die prys van elektrisiteit met tot 25% gaan verhoog. Armour meen hierdie persentasie is baie hoog en dat boere nie hierdie prysstygings sal kan bekostig nie.

Hy sê hoë elektrisiteitpryse sal ‘n groot effek hê op voedselpryse in Suid-Afrika. “Elektrisiteit is 'n belangrike insetkostekomponent van intensiewe voedselproduksie. Intensiewe voedselproduksiestelsels dra by tot meer as 30% van Suid-Afrika se voedselproduksie. Besproeiingsboerdery, pluimvee, varkhokke, melkerye, tonnelproduksie en intensiewe vrugte- en groenteproduksie het alles aansienlike elektrisiteitskoste-komponente wat verband hou met produksie,” sê Armour in ‘n verklaring.

Armour voeg egter by dat meer en meer boere na alternatiewe energie oorskakel, “en as dit nie vir die veiligheidsituasie op plase was nie, sou boere kapitaal wat hulle het, gebruik vir alternatiewe energie en nie vir kameras nie.”

Intussen het Nersa VL versoek om feitelike inligting van sy lede te bekom rakende die gebruik, voordele en koste van alternatiewe energie.


 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.