On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 27 Nov 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark was gister gesluit vanweë 'n openbare vakansiedag (Thanksgiving Day).

Die Amerikaanse mark was vroeër die week hoofsaaklik onder druk gewees en die mark het laer verhandel voor die vakansiedag in die VSA.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R16/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 936/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R16/ton hoër verhandel om teen R2 976/ton te sluit.


 
Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het vroeër die week hoofsaaklik onder druk gekom en het laer verhandel.

China se sojaboon-invoer is steeds sterk en die invoer vanaf die VSA het gedurende Oktober 196% maand-tot-maand toegeneem.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R113/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 432/ton te sluit.


 
Koring:

Die Amerikaanse koringmark was ook vroeër die week meestal onder druk en het laer verhandel. Goeie koring-uitvoer vanaf Rusland plaas druk op die Amerikaanse mark.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R41/ton laer verhandel om teen R4 830/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.