Agri Hour
Kospakkies aan Brandfort-leerders uitgedeel─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 30 Nov 2020
Sowat 43 behoeftige leerlinge van die Hoërskool Staatspresident Swart in Brandfort in die Vrystaat en hulle gesinne het kospakkies met nie-bederfbare produkte ontvang.
Hierdie kospakkie-inisiatief is eie aan die Karee-landbouvereniging, ‘n affiliasie van Vrystaat Landbou (VL). Die voorsitter van die vereniging, Willie Maas, sê dié inisiatief spruit uit 'n bestaande kosprojek by dié skool, waar etes Vrydae aan leerlinge deur dié landbouvereniging by die skool verskaf word. Hier is Maas met meer oor hierdie projek…
Sien onderstaande PODCAST
Hierdie projek is vir die afgelope vier jaar aan die gang, maar Maas sê met Covid-19 vanjaar, moes hulle dinge anders doen deur die kospakkies by die skool af te laai vir die onderwysers om aan die leerders uit te deel. Die kospakkies bestaan uit, onder meer, meel, rys, suiker sowel as vleiskoeponne wat voor Kersdag by die plaaslike slaghuis ingedien kan word.
Maas sê die fondse wat gebruik word om hierdie produkte te koop kom gewoonlik van die 26 lede wat deel vorm van die landbouvereniging. Hy sê hulle ontvang ook donasies van lede van die publiek wat plaaslike boere insluit.
Diegene wat graag skenkings wil doen of meer wil weet oor ander projekte waarmee die vereniging besig is, kan Karee-landbouvereniging se Facebook-blad besoek.
OFM-nuus
