On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

NK-boere ontvang droogtehulp

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 30 Nov 2020

NK-boere ontvang droogtehulp | News Article

Sommige boere in die droogtegeteisterde Noord-Kaap het ná ‘n nege maande lange wag droogtehulpfondse vir voer ontvang.


Dit is volgens Reinette Liebenberg, DA provinsiale woordvoerder vir landbou. Liebenberg sê egter nie alle boere in droogtegeteisterde gebiede het dié fondse ontvang nie en dié wat dit wel ontvang het, het minder gekry as tydens die eerste uitbetaling van R36 miljoen. OFM-nuus se Elsabé Richard het met haar hieroor gesels…


Sien onderstaande PODCAST


Liebenberg sê die Noord-Kaap worstel steeds met die ergste droogte in 100 jaar en voeg by dat swak koördinasie van steun teenoor die boere na bewering die situasie in baie gebiede vererger het.

Sy sê daar is nog nie duidelikheid oor hoeveel geld beskikbaar gestel is nie en dat daar geld teruggehou is om waterbevoordeling ook toe te pas. Sy voeg by dat daar ook geld teruggehou is vir vervoer.

Intussen het die woordvoerder van die Noord-Kaap Departement van Landbou, Omgewingsake, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Zandisile Luphahla, vroeër aan OFM-nuus bevestig dat R36 miljoen van die Nasionale Rampbestuursfonds vir droogtehulp aan die provinsie toegeken is. Hy het verder bygevoeg dat die departement met administratiewe prosesse begin het, soos die indiening van aansoeke en om diensverskaffers te identifiseer. Die indiening van aansoeke vir droogtehulpbefondsing in drie droogtegeteisterde distrikte, naamlik Namakwa, Pixley ka Seme en ZF Mgcawu, het reeds op 16 Oktober 2020 gesluit.

Liebenberg voeg by dat ‘n verslag van die vroeë waarskuwingskomitee in Junie vanjaar aangedui het dat veral vier gebiede in die provinsie erg geraak word deur die huidige erge droogtetoestande. Hierdie gebiede sluit in Van Wyksvlei, Springbok, Loeriesfontein en Kenhardt, wat die afgelope vier jaar ondergemiddelde reënval gekry het.


Reënval ontvang (mm)

GebiedLangtermyn Gemiddelde reënval
2017
2018
2019
2020
Springbok
135 mm
64 mm
67 mm
48 mm
7 mm
Loeriesfontein
220 mm
81 mm
109 mm
78 mm
27 mm
Kenhardt
155 mm
107 mm
97 mm
43 mm
4 mm
Van Wyksvlei
190 mm
147 mm
101 mm
57 mm
100 mm


Verder het die party weer 'n beroep op die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma gedoen, om die klassifikasie van ‘n droogteramp weer te verklaar. Dit kom nadat die hoof van die nasionale rampbestuursentrum, Mmaphaka Tau, op 16 Julie 2020 die klassifikasie herroep het, en om al hierdie gebiede wat steeds deur droogte geraak word, in die Staatskoerant to publiseer.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.