On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 01 Dec 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Image: af.yellowbreadshorts.com

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het ongeveer 1% laer gesluit vir die dag.
Private uitvoerders het gister twee groot uitvoerverkope aan die USDA gerapporteer. Dit is vir lewering in die 2020/21-seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R33/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 940/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R35/ton hoër verhandel om teen R2 985/ton te sluit.
 


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister skerp laer verhandel vir die dag met beter weervooruitsigte wat in Suid-Amerika gerapporteer word.

Die weeklikse Amerikaanse sojaboon-uitvoerinspeksies was laer as die vorige week se uitvoerinspeksies, maar reg in lyn met die weeklikse handelsverwagtinge.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal gemeng verhandel met van die kontrakte wat ondersteuning gevind het terwyl ander kontrakte onder druk gekom het.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R23/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 435/ton te sluit.
 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister skerp onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.  

Die druk op die Amerikaanse koringmark kan grootliks toegeskryf word aan die hoër produksieverwagtinge in Australië, asook die feit dat Rusland hoër uitvoerkwotas vir die res van die 2020/21-seisoen aangekondig het.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020 onveranderd teen R4 836/ton gesluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.