Agri Hour
Groot onsekerheid heers steeds in wolmark─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 04 Dec 2020
Die versterking in die mark die week, kan die begin van 'n opwaartste kurwe wees. So sê Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK.
Hy voeg by dat daar egter groot onsekerheid heers rondom die opkomende feesgety en die manier waarop die wêreldwye Covid-19 situasie dit kan beïnvloed. Hier is Victor...
Sien onderstaande PODCAST
Hy sê wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 7,9% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit Merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei. Victor sê produsente kan gerus kennis neem hiervan en ook aanvaar dat dit 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Hy voeg verder by dat wolstandaarde prominent was gedurende die afgelope virtuele IWTO rondetafel byeenkoms. Victor verduidelik dat besprekings onder rolspelers in die globale wolbedryf dit eens was en het beklemtoon dat verbruikers dit al meer vereis. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 13 Januarie 2021.
OFM-nuus
