On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 04 Dec 2020

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf.


OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou die week se hoofstories op OFM uit...


Sien onderstaande PODCAST


Suid-Afrika verloor elke vierde dag 'n plaas. Dit is volgens statistieke wat deur die hulpverleningsorganisasie Boeredroogtehulp SA versamel is. Chris van Biljon, stigter van die hulpverleningsorganisasie, sê redes hiervoor kan toegeskryf word aan verskeie faktore soos droogtetoestande en plaasaanvalle. Hy verduidelik dat twee jaar gelede - toe die organisasie gestig is - was daar sowat 5 000 boere wat in nood verkeer het deel van die organisasie se lys. Hy sê op die oomblik bestaan hierdie lys uit sowat 3 800 boere waarvan die meeste van die boere wat die organisasie verlaat het, hulle plase moes sluit. Intussen is die organisasie betrokke by verskeie inisiatiewe om boere wat in nood verkeer te help. Diegene wat betrokke wil raak by hierdie inisiatiewe kan Boeredroogtehulp SA se Facebook-blad besoek of die organisasie se webtuiste besoek: boeredroogtehulpsa.org

Sommige boere in die droogtegeteisterde Noord-Kaap het ná ‘n nege maande lange wag droogtehulpfondse vir voer ontvang. Dit is volgens Reinette Liebenberg, DA provinsiale woordvoerder vir landbou. Liebenberg sê egter nie alle boere in droogtegeteisterde gebiede het dié fondse ontvang nie en dié wat dit wel ontvang het, het minder gekry as tydens die eerste uitbetaling van R36 miljoen. Liebenberg sê die Noord-Kaap worstel steeds met die ergste droogte in 100 jaar en voeg by dat swak koördinasie van steun teenoor die boere na bewering die situasie in baie gebiede vererger het.

 ‘n Video van ‘n swerm sprinkane wat in die rigting van Edenburg in die Vrystaat vlieg en byna soos ‘n stofwolk lyk, is deur Vrystaat Landbou (VL) op 'n sosiale media platform geplaas. Die organisasie se distriksprinkaanbeampte, Junior Jacobs, sê hierdie sprinkane broei gewoonlik uit ná reënval in droë gebiede. Jacobs sê die rede waarom ons tans soveel sprinkane sien, is as gevolg van die onlangse reën na lang droogtes wat veral in die Noord-Kaap ondervind is. Hy verduidelik dat sprinkane eiers lê tydens droogtes - maar dat die toestande nie geskik is om uit te broei nie.  Hy voeg by dat sprinkaaneiers vir jare lank in veral sandgrond kan oorleef en sodra die ideale toestande voorkom, dan broei die eiers uit. Jacobs sê verder boere kan ontslae raak van swerms op hulle landerye deur hulle met spuitmiddels wat deur die plaaslike departement van landbou verskaf word te spuit. Hy sê sodra die sprinkane kan vlieg, moet hulle bewegings gemonitor word. Sprinkane is koudbloedig so sodra hulle gaan "sit" by sononder, dan kan hulle gespuit word tot die eerste sonstrale verskyn. 'n Ander opsie is om hulle op te jaag en so ontslae te raak van die sprinkane.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.