On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Wees paraat – sê VS-vroueboer ná aanval

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 07 Dec 2020

Wees paraat – sê VS-vroueboer ná aanval | News Article

‘n Voormalige Vrystaatse bekroonde vroulike boer van die jaar, wat vroeër vanjaar op haar plaas in die Soutpan-distrik aangeval is, sê boere moet paraat wees.


Sy verduidelik sy het ná haar aanval besef hoe belangrik dit is om seker te maak dat jy veilig op jou plaas is. Jacobs se boodskap aan boere volg nadat sy in Februarie vanjaar deur drie mans met ‘n mes aangeval is. Hier is Jacobs…


Sien onderstaande PODCAST


Jacobs, wat op die plaas Rosemead boer, sê boere moet kyk na sekuriteit in en om hulle huise en moet versigtig wees met aanstellings van werkers op die plaas. Sy raai boere aan om potensiële werkers se agtergrond te ondersoek voordat hulle aangestel word, “maak seker jy weet presies wie is wie en verify die goed. Die modus operandi is dat daar is ouens wat by jou kom werk soek en dan weet hulle wat is die bedrywighede op die plaas”. Daarmee saam het die Vrystaatse polisiekommissaris, Baile Motswenyane, in November vanjaar by 'n ministeriële landelike veiligheid Imbizo in Bethlehem gesê wanneer hulle 'n verdagte in hegtenis neem ná 'n plaasaanval, probeer die polisie eers vasstel of die verdagte aan die boer bekend is. 

Jacobs voeg verder by dat boere wat ook hierdie aanvalle ervaar het, nie moet opgee nie. Sy verduidelik, "moet nie jou droom opgee nie. Moenie dat een negatiewe event vir jou uit die mark uit haal nie. Dit is seer... maar ons moet oor dit kom." Jacobs voeg by dat boere paraat moet wees en kyk na sekuriteit in en om die huis, "beskerm jouself, beskerm jou kinders. Wees waaksaam en laat jou werkers weet... help hulle ook om paraat te wees," sluit sy af.

Intussen het Bloemfontein Courant vroeër berig dat Jacobs wreed aangeval is deur drie mans wat haar met 'n elektriese kabel vasgebind en gedwing om 'n e-wallet betaling te maak. Hulle het toe gedreig om haar te verkrag en dood te maak as sy nie die pinnommer gee nie. Nadat hulle die geld ontvang het, het sy daarin geslaag om te ontsnap. Sy het daarna na haar buurman gehardloop wat 'n ambulans en die polisie geskakel het.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.