On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 08 Dec 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: www.agricol.co.za

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Amerikaanse mielietermyn-kontrakte het Maandagoggend afbeweeg met toenemende reën wat in Brasilië kommer wek oor mededinging vanuit Suid-Amerika. Die laer uitvoerverkope na China het ook swaar geweeg vir beleggersentiment.

Die graanverkoping wat die termynmark vroeg verlede week geteister het, het spekulante se koopvooruitsigte laat afneem onder ‘n belangrike groep kopers wat gehelp het om die bewegings van die afgelope vier maande te ondersteun, volgens die weeklikse CFTC-data wat in die verslag van Commitment of Traders van verlede Vrydag bekend gemaak is.

Die plaaslike mieliemark het Maandag meestal onder druk verkeer en het vir wit- en geelmielies onder druk geplaas oor alle kontrakmaande wat verhandel het.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R32/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 870/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R26/ton laer verhandel om teen R2 921/ton te sluit.
 

Sojabone:

Die termynkontrakte van sojabone in Januarie in die VSA het Maandagoggend geval omdat reën in Brasilië die kanse vir 'n rekordproduksie verhoog het. Die stadige Chinese uitvoervraag na Amerikaanse sojabone het die termynpryse ook laer laat daal.

Die Brasiliaanse vordering vir sojaboonaanplanting is 90% voltooi vir die 2020/21-seisoen. Die vordering van aanplantings in die Suid-Amerikaanse land was net 93% vir dieselfde verslagperiode 'n jaar gelede. Maar selfs met plantvertragings as gevolg van die aanhoudende droogte in Brasilië, voorspel handelsberamings 'n toename van 5,6% in die Brasiliaanse sojaboonoes van 2020/21 tot 131 miljoen ton.

Die plaaslike sojaboonmark het Maandag meestal onder druk gekom en swakker verhandel oor alle kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R10/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 390/ton te sluit.
 

Koring:

Die verbetering van die weer in Suid-Amerika, sowel as rekordvoorspellings vir Kanadese en Australiese oeste het die termynpryse in die koringbedryf Maandagoggend laat tuimel.

Spekulantsentimente vir harde rooi winterkoring in Kansas City het beter gevaar as dié van SRW, hoofsaaklik as gevolg van sukkelende oestoestande op die Amerikaanse vlakte namate die droogtetoestande verskerp.

Die plaaslike koringmark het Maandag meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021 R40/ton laer verhandel en gesluit teen R4 782/ton.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.