On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

'Kanse van wegholveldbrande tans laag'

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 09 Dec 2020

'Kanse van wegholveldbrande tans laag'  | News Article
Foto: nl.freepik.com

Brandvooruitsigte is vir die afsienbare toekoms laag.


Dit is volgens Johan Breytenbach van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging (VSSBBV). Breytenbach verduidelik dat die onlangse reënval die kanse verminder dat wegholveldbrande kan ontstaan. Hy sê as die weerpatroon voortduur soos dit nou is, dan is ons basies klaar met die brandseisoen. OFM-nuus se Elsabé Richard het onlangs met hom gesels oor vooruitsigte vir wegholveldbrande in die Vrystaat…


Sien onderstaande PODCAST


Die reënval dra by tot ‘n hoër voginhoud wat help om te verhoed dat veldbrande kan ontstaan. Breytenbach voeg egter by dat as brande sou ontstaan, sal brandverspreiding stadiger wees weens hoër volginhoud en gras wat reeds begin groei het.

Hy verduidelik dat tussen 28 Oktober en 28 November vanjaar daar ongeveer 927 brandvoorvalle was wat deur satelliete opgetel is. Hy sê slegs 27 902 hektaar is geaffekteer deur brande in November.

Hierdie vooruitsigte kom nadat sowat 100 000 hektaar veld in die Hertzogville-, Hoopstad- en Boshof-distrikte deur wegveldbrande verwoes is. OFM-nuus het in November berig dat hierdie gebiede deur die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, as rampgebiede verklaar is.

Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Vrystaat het hierdie aankondiging verwelkom. Die party sê in ‘n verklaring brande het elke jaar 'n verwoestende uitwerking op die landbousektor met verliese aan weiding van 1 350 284 hektaar tussen 2014 en 2019:

2014 - 353 415 hektaar

2015 - 198 011 hektaar

2016 -   55 332 hektaar

2017 - 313 933 hektaar

2018 - 281 399 hektaar

2019 - 148 194 hektaar

Die finansiële verliese is groot as daar onder meer gekyk word na die verwoeste hektaar in weiding, infrastruktuur en vee. Die party voeg verder by dit het 'n vernietigende impak op die vermoë van opkomende en kommersiële boere om volhoubare ondernemings te onderhou.

Intussen het die brandbeskermingsvereniging reeds begin om beplannings vir die volgende brandseisoen te doen.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.