On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   05:00 Thu, 10 Dec 2020

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Elsabé Richard met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


Hier is Laubscher…


Sien onderstaande PODCAST


In vandeesweek se insetsel skyn Laubscher lig op ekonomiese veerkragtigheid. Dit kom nadat Statistieke Suid-Afrika Dinsdag die jongste Bruto Binnelandse Produk-syfers (BBP) bekend gemaak het.

“Die jongste BBP-syfers van Statistieke Suid-Afrika toon verbasende veerkragtigheid in die derde kwartaal. Op ‘n jaar-tot-jaar basis het die ekonomie wel effens kop opgelig met ‘n toename van 0.2%. Dié syfer is egter nog laer, wat 'n mens laat wonder of die ekonomie verder stoom gaan verloor en ‘n resessie ons dalk in die gesig staar. Indien ons na die prestasie van individuele sektore kyk, is die herstel nà die opheffing van streng inperkings duidelik sigbaar. Daarvolgens het die ekonomie met meer as 66% teruggebons (gegroei) in die derde kwartaal. Die landbou het die derde agtereenvolgende kwartaal positief gegroei, alhoewel dié groei teen 18.5% die laagste van die drie kwartale was. In die geheel, op ‘n jaar-tot-jaar basis, het landbou egter nog nie ‘n positiewe bydrae gemaak tot die ekonomie nie. Namate dienste kon hervat en werkers kon terugkeer werk toe, het sektore wesentlike kwartaal-op-kwartaal groei getoon.

“Van verdere belang is die onderlinge dryfvere van die veranderende sektore se verbetering. So byvoorbeeld het finale huishoudelike besteding die grootste bydrae gelewer met uitvoer kort op sy hakke. Huishoudelike besteding se toename was veral op grond van toenames in aankope van duursame en nie-duursame goedere.  Aan die uitvoerkant het landbou 'n wesentlike rol gespeel en die aanduiding is daar dat met die groot verwagte wintergraan-oes – die koring-oes sal na verwagting die grootste wees die afgelope 19 jaar – daar minder invoer kan wees.  

"Die verminderde invoerafhanklikheid sal nie net die landbou se handelsbalans stut nie, maar kan dalk die bedryf aanspoor om nog meer koring te produseer. Invoerafhanklikheid toon ook vermindering omdat die grendeltyd mense gedwing het om meer op lokale produksie staat te maak. Indien die verandering blywend is, kan dit baie help met groter indiensname.  Die feit dat meer mense kon gaan werk, het besteding op vervoer, soos verwag kon word, geweldig laat styg. Die veranderde besteding ná die opheffing van die streng beperkings, sal noodwendig ‘n impak hê op die vraag na voedsel, want die verbruiker gaan minder oorhê nadat vir vervoer van en na die werk betaal is. Die hervatting van alkoholverkope het daardie bestedingskategorie ook geweldig laat toeneem.

“Die vraag is nou of die positiewe groei in die derde kwartaal dalk die onderste draaipunt kan beteken en of die ekonomie vandaar kan kop optel. Wat die landbou aanbetref, was die bydrae tot die BBP positief, maar laer as in die voorafgaande twee kwartale. AgBiz se vertroue-indeks is egter die hoogste in ses jaar wat dui op ‘n baie positiewe siening van die landbou. Gunstige weersomstandighede in die grootste deel van die land bemoedig nie net boere nie, maar almal in die landbou waardeketting. ‘n Positiewe uitkyk op plase aktiveer die landbou-waardeketting dermate dat goedere en dienste beweeg. Nie net word meer insette verkoop nie, maar boere is ook bereid om te belê in nuwe tegnologie. Dit kan die produktiwiteit van die sektor verder ondersteun en groter beleggings die sektor laat toeval. Veral van belang is om finale vraag produkte te kan uitvoer. Dit opsigself sal meer werkgeleenthede skep deur middel van plaaslike waardetoevoeging.

“Alhoewel daar nog baie water in die spreekwoordelike see moet loop, is die vroeë tekens van die omdraai van die ekonomie ná die grendeltyd bemoedigend. Dit is veral van belang omdat die pandemie ons geleer het dat daar deurlopend nuut gedink moet word, maar veral dat die virus deel gaan bly van die toekoms. Daar sal groter waardering kom vir dit wat gewerk het onder uiters uitdagende omstandighede en hieronder tel die landbou,” sê Laubscher.


 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.