Agri Hour
Lewendehawepryse toon effense afname─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 10 Dec 2020
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingpryse vir lewendehawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...
Sien onderstaande PODCAST
Hy verduidelik dat vandeesweek se veilingspryse ‘n effense afname toon vergeleke met verlede week se rekordpryse. Daarmee saam voeg hy by dat pryse egter steeds goed lyk. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings onder 200kg teen R43,07 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,02 en speenkalwers oor 250kg het teen R38,08 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste R27,50 per kg
B-klas beeste R24,77 per kg
C-klas vet koeie R24,20 per kg
Maer koeie Wissel tussen R17,00 en R20,15 per kg
Slagbulle R25,01 per kg
Skape
Stoorlammers R43,00 per kg
Slaglammers R36,04 per kg
Stoorskape R33,70 per kg
Vetskape R31,81 per kg
Bokke
Lammers R51,33 per kg
Ooie R40,23 per kg
Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.
OFM-nuus
