Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 11 Dec 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Amerikaanse mielietermynkontrakte het Donderdagoggend gestyg namate handelaars verwag dat wêreldwye mielievoorrade krimp.
Die vinnige ontwikkeling van die entstof vir COVID-19 het nuwe vooruitsigte vir etanolproduksie gegee. Die mielieverbruik vir etanol in Oktober 2020 het gestyg tot 10.991 miljoen ton, die hoogste maandelikse verbruikskoers sedert Februarie 2020.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal wisselvallig verkeer oor wit- en geelmielies wat verhandel het.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R23/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 833/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R12/ton hoër verhandel om teen R2 899/ton te sluit.
Sojabone:
Byna 73% van die Amerikaanse sojaboonvragte wat tot dusver in die bemarkingsjaar 2020/21 verskeep is, was bestem vir China. Chinese en onbekende kopers verteenwoordig 18,762 miljoen ton oorblywende uitvoer, oftewel 74% van die totale uitstaande verkope van Amerikaanse sojabone. Die uitvoertempo na China in die volgende paar maande sal van kritieke belang wees voordat goedkoper Suid-Amerikaanse sojabone uitvoerkanale oorneem.
Vooruitsigte vir die knapste sojaboon-oes sedert 2013 het die onlangse uitverkope aan die sojabedryf beperk voor die USDA-verslae van Donderdag.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind oor alle kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R79/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 210/ton te sluit.
Koring:
Koringtermynkontrakte in die VSA het Donderdag gestyg nadat die Russiese president, Vladimir Poetin, se kritiek op onstabiele Russiese voedselpryse die bespiegeling ondersteun het oor beperkings op Russiese koringuitvoer in die nabye toekoms.
Rekord-oeste in Kanada en Australië, die sesde en sewende grootste koringprodusente ter wêreld, sal waarskynlik koring-eindvoorrade in die 2020/21-jaar verhoog. Kanada en Australië is die wêreld se vierde en vyfde grootste uitvoerliggame. Die internasionale koringvraag na veevoer het toegeneem namate die wêreldwye mieliepryse gestyg het. 'n Verskuiwing ten gunste van koringgebruik kan in die kaarte wees as USDA mieliepryse verwag om hoog te bly.
Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind tydens die dag se verhandelinge oor al die kontrakte wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021 het R82/ton hoër verhandel en gesluit teen R4 775/ton.
OFM-nuus
