On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri SA sien uit na 2021

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 14 Dec 2020

Agri SA sien uit na 2021 | News Article

Agri SA sê hy sien uit na ‘n opwindende periode wat voorlê.


Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê die organisasie is in gesprek met plaaslike en internasionale rolspelers om sodoende Suid-Afrikaanse landbou vorentoe te vat. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat oor wat vanjaar uitgestaan het vir die organisasie sowel as wat op die kaarte is vir 2021…


Sien onderstaande PODCAST


Van der Rheede deel dat wat vanjaar uitgestaan het is dat landbou onder geweldige druk geplaas is gedurende die uitbraak van Covid-19 en die gepartgaande streng inperkingsmaatreëls. Ten spyte hiervan voeg hy by dat die bedryf as ‘n essensiële diens verklaar is en kon sekere sektore gedurende die inperking handel dryf. “Ek dink ons boere besef weereens die waarde van georganiseerde landbou, want wat ons vir die boere kon regkry gedurende die grendeltydperk, is ‘n wonderwerk,” deel Van der Rheede.

Daarmee saam voeg hy by dat die organisasie ‘n baie opwindende jaar het wat voorlê. Dit, soos die organisasie in gesprek met verskillende politieke rolspelers is om die belangrikheid van landbou onder hulle aandag te bring.

AgriSA is van mening dat dit is nie “grond wat kos produseer nie, maar kundigheid”. Van der Rheede voeg by dat die organisasie juis hierdie kundigheid wil behou en beskerm om te verseker dat die kundigheid altyd in ‘n winsgewende posisie is. Dit, aangesien daar sonder ‘n wins nie volhoubaar geboer kan word nie.

Intussen wens hy boere en hulle families ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe. “Ek hoop dat almal lekker sal rus en lekker tyd saam met hulle families sal deurbring. Maar meer belangrik dat hulle dan terug sal kom in die nuwe jaar, vars en uitgerus, met nuwe denke en hoop in hulle harte, sodat ons die saak van landbou na die volgende vlak toe kan neem,” sluit Van der Rheede af.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.