On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 14 Dec 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Ondanks die krimpende lang posisies van spekulatiewe handelaars die afgelope week, het Amerikaanse mielietermynkontrakte die koring hoër gevolg Vrydag.

Sterk tempo vir uitvoere ondersteun ook die mielieprys toename Vrydag in die VSA, hoewel die reën in Suid-Amerika die week waarskynlik opwaartse pryspotensiaal beperk.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal wind van voor gekry en swakker verkeer oor beide wit- en geelmielies wat verhandel het.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R59/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 775/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R41/ton laer verhandel om teen R2 855/ton te sluit.
 
Sojabone:

Amerikaanse sojaboon-termynkontrakte het vandeesweek grotendeels die verkope van spekulante posisies geïgnoreer ten gunste van sterk uitvoer data en toenemende kommer oor krimpende binnelandse voorrade.

Daar is ook 'n bietjie prysondersteuning van die koring se bewegings die week. 'n Nat weervoorspelling in die meeste groot streke in Brasilië en Argentinië die week het die winste beperk.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal onder druk gekom oor alle kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R55/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 155/ton te sluit.
 
Koring:

Amerikaanse koringtermynkontrakte het hul opwaartse beweging voortgesit ná 'n bullish WASDE-verslag Donderdag.

Russiese maatreëls om die onstabiliteit van plaaslike voedselpryse te verminder, sal Russiese uitvoerbare voorrade verminder en meer winspotensiaal bied aan Amerikaanse koringuitvoerders, veral namate die dollar verswak.

Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind tydens die dag se verhandelinge oor al die kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021 het R45/ton hoër verhandel en teen R4 806/ton gesluit.


OFM-nuus
 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.