On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Agri Hour

#LandbouHoop: Boervrou streef om boere in nood te help

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 15 Dec 2020

#LandbouHoop: Boervrou streef om boere in nood te help | News Article
Foto: Save The Sheep / Facebook

‘n Noord-Kaapse boervrou wat tussen Sutherland en Calvinia met haar man boer, het betrokke geraak by verskeie droogtehulp inisiatiewe om boere en hulle families wat in nood verkeer te help.


Sybil Visagie, wat ook die stigter van ‘Save the Sheep’ is, het in November 2017 betrokke by droogtehulp geraak om die publiek bewus te maak van die vernietigende droogte in Sutherland en die Karoo. OFM-nuus se Cathy Dlodlo het met Visagie gesels oor die verskeie inisiatiewe waarby die publiek betrokke kan raak…


Sien onderstaande PODCAST


Visagie streef nie net daarna om boere te help nie maar ook hulle families. “Huishoudings help jy in die eerste plek as jy vining wil help met ‘n kospakkie. Om in ‘n winkel in te stap om ‘n shampoo te gaan koop of sweets is luuks vir meeste boerevroue,” verduidelik sy. Visagie voeg by dat haar begeerte is om op die langtermyn ‘n oplossing te bied en bemagtigingsprojekte van stapel te stuur.

Sy sê hulle is tans besig met die ‘Koekies vir ons boere’-projek waarmee Caring Daisies ook verlede jaar gehelp het. Boerevroue is betrek by hierdie projek waar hulle help met die bak en verkoop van koekies. Die opbrengste van hierdie projek gaan na boervroue, “en dit het ‘n baie mooi sirkel effek, want hierdie boervrou stel weer iemand aan om haar te help… so werkskepping word hieruit gebore.”

Visagie sê werkskepping is ‘n belangrike aspek aangesien die Noord-Kaap een van die provinsies is met die hoogte werkloosheidsyfers.

Verder is daar ook hekelprogramme waarby plaaswerkers se vroue betrokke kan raak, waar verskeie produkte soos maskers en matte gehekel word en sodoende geld verdien. Visagie sê hulle maak gebruik van enige geleentheid om ‘n boervrou of ‘n plaaswerker vrou, of enige vrou op die stadium, te help omdat die Covid-19 pandemie mense wat selfs in dorpe bly, negatief geraak het.

“So, ek kan praat van enige Karoo-vrou, om ‘n Karoo-vrou te bemagtig sodat sy haar rug weer kan reguit trek en sê ek is belangrik, ek is iets werd, ek kan na my eie kyk, ek kan my eie geldjie verdien, ek kan my kind skooltoe vat, [en] ek kan vir my kind skoolskoene koop,” voeg Visagie verder by.

Sy sê hulle is tans besig met ‘n speelgoed-projek vir Kersfees waar elke boer wat in nood verkeer weens die droogte se kind ‘n kersgeskenk sal ontvang. Dit, danksy verskeie donateurs wat speelgoed ingesamel het. Hierdie projek het werk geskep vir sowat vyf vroue wat die speelgoed mooi maak en klere vir die poppe maak.

Diegene wat meer wil weet oor hierdie inisiatiewe of ‘n bydrae wil maak kan Visagie kontak by 071 256 6795 of besoek die ‘Save the Sheep Products’ Facebook-blad.


 

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.