Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 15 Dec 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Amerikaanse mielietermynkontrakte het Maandagoggend toegeneem. Mielies het ondersteuning gekry deur hoër brandstofpryse. Sterk uitvoervooruitsigte vir mielies het ook prysondersteuning by die kommoditeit in oornagverhandeling bygedra.
Die laer as verwagte mielievoorrade in die VSA beteken dat sojabone 'n bietjie sterker sal moet meeding vir 2021 hektaar.
Die plaaslike mieliemark het Maandag meestal wind van voor gekry en swakker verkeer oor beide wit- en geelmielies wat verhandel het.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R25/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 755/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R30/ton laer verhandel om teen R2 830/ton te sluit.
Sojabone:
'n Argentynse staking, voortgesette kommer oor Suid-Amerikaanse weervoorspellings, en die bestendige uitvoervraag het 'n styging in die termynkontrakte van sojabone Maandagoggend ondersteun.
Ekonomiese onrus het oornag in Argentinië voortgeduur toe graaninspekteurs en oliesadewerkers stakings van verlede week tot hierdie week oorgedra het. Vakbonde vir die onderskeie werkers betoog steeds oor lae lone te midde van die pandemie sowel as hoë inflasiekoerse.
Die plaaslike sojaboonmark het Maandag meestal ondersteuning gevind oor alle kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R77/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 200/ton te sluit.
Koring:
Die koring prys toenames het die naweek uit stoom geraak nadat Rusland 'n belasting op koringuitvoer ingestel het om uitvoerbare voorrade te beperk om die plaaslike voedselpryse in Rusland te stabiliseer.
Namate die onstabiliteit van plaaslike voedselpryse styg in Rusland, sal Rusland die uitvoer van graanvoorrade verder wil beperk deur 'n uitvoerbelasting op koring in te stel terwyl die graankwota van 15 Februarie - 30 Junie bestaan. Dit is 'n ongewone stap, aangesien Rusland gewoonlik die gebruik van 'n formulebelasting gebruik as koringpryse tipies hoog is, en nie 'n enkele belasting nie.
Die plaaslike koringmark het Maandag meestal ondersteuning gevind tydens die dag se verhandelinge oor al die kontrakte wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021 met R81/ton hoër verhandel en gesluit teen R4 898/ton.
OFM-nuus
