Agri Hour
Man praat oor Wes-Vrystaatse veldbrande─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 16 Dec 2020
Die land is nog vol goeie mense.
Dit is volgens Willem van Niekerk, voorsitter van Boshof-brandvereniging ná die onlangse wegholveldbrande in die Wes-Vrystaat. Van Niekerk meen dat boere hulp van verskeie organisasies en individue ontvang het toe veldbrande verwoesting gesaai het in die Hertzogville-, Boshof-, en Hoopstad-distrikte. Hy het ‘n dankie-sê geselligheid vir diegene wat bygedra het en skenkings aan boere gedoen het wat in nood verkeer het in die Wes-Vrystaat, bygewoon. Die geselligheid, wat deur Afriforum gereël is, het by die Makhulu Game Lodge & Safaris in Boshof in die Vrystaat plaasgevind. OFM-nuus se Cathy Dlodlo het met Van Niekerk oor die veldbrande gepraat…
Sien onderstaande PODCAST
OFM-nuus
