On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Veilingsprys-verslag weer in Januarie 2021 beskikbaar

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 17 Dec 2020

Veilingsprys-verslag weer in Januarie 2021 beskikbaar | News Article
Foto: Sernick

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, deel hierdie week hoe dit gekom het dat hulle op ‘n weeklikse basis vleispryse met die publiek deel.

Derksen versprei vleispryse elkeDonderdag op die Agri-Uur sodat produsente en kopers dieselfde inligting tothul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoopen verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'nindeksgebied gebruik. Hier is Derksen...

Sien onderstaande PODCAST

“’n Vriend van ons was voorsitter van die Johannesburgse Effektebeurs gewees vir ‘n paar jaar, en hy het altyd die prys gewen as die beste beheerde aandelebeurs in die wêreld… En ons moet weet dit is maar dieselfde - of jy vleis verkoop en of jy andele verkoop – die beginsels is dieselfde,” verduidelik Derksen.

Hy voeg by dat verskeie faktore in ag geneem moet word.

 “Eerstens, die kopers en die verkopers moet dieselfde inligting op dieselfde tyd hê. [Tweedens], die kommissie moet redelik laag wees, en die derde moet wees, jy moet darem seker wees jy gaan jou geld kry. As gevolg van die toepassing van [hierdie] beginsels, het ons toe besluit ons sal ten minste die akkurate vleispryse op ‘n weeklikse basis aanstuur sodat almal presies weet wat aangaan,” vertel Derksen.

Hy verduidelik dat hulle begin het om vleispryse beskikbaar te stel gedurende ‘n periode toe daar ‘n uitbraak van bek-en-klouseer was. Daarmee saam het die coronavirus ook ‘n negatiewe invloed op die vleispryse gehad. Ten spyte hiervan voeg Derksen by dat die land goeie reënval ervaar het en met groot moeite en toewyding het voerkralle ‘n goeie uitvoermark vir vleis veroorsaak oor ‘n groot deel van die wêreld.

Intussen voeg Derksen by dat vleispryse vroeg in Januarie 2021 vesprei sal word. Hy sê vleispryse verskil tans nie baie van verlede week se vleispryse nie.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.