Agri Hour
Agri NK deel hoogtepunte van 2020─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 17 Dec 2020

Een van die hoogtepunte vanjaar is dat landbou dit reggekry het om in die eerste kwartaal met 15,5% te groei ten opsigte van die Bruto Binnelandse Produk (BBP)-syfers.
Dit, terwyl die res van die ekonomie ‘n groot insinking gehad het. Dit is volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap. Jansen deel wat die hoogtepunte in landbou van vanjaar was sowel waarna Agri Noord-Kaap uitsien in die nuwe jaar. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat….
Sien onderstaande PODCAST
Jansen sê landbouers verdien ‘n klop op die skouer omdat hulle ten spyte van talle uitdagings steeds herbelê en voortgaan om te ploeg en plant. Daarmee saam voeg hy by dat goeie olie-, graan- en vleispryse vanjaar ook positief by gedra het tot die sukses van landbou. Verder het reënval in die oostelike dele van die Noord-Kaap die produksieseisoen aangehelp sê Jansen. Dit, ten spyte van koue- en rypskade, “maar oor die algemeen het ons besproeiingsindustrie relatief goed gedoen.”
Intussen voeg Jansen by dat die organisasie na wydverspreide reën in die nuwe jaar uitsien. “Ek dink dis die grootste uitsien dat ons dan ‘n bietjie kan afstand doen van die geweldige worsteling met rampdroogte en dat produksie-omstandighede kan begin normaliseer,” sê Jansen.
Hy verduidelik dat alhoewel pryse tans onderdruk is, is daar baie om na uit te sien in 2021 ten opsigte van produksie.
Daarmee saam wens Jansen alle landbouers en hulle families ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe.
OFM-nuus