On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 18 Dec 2020

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit...

Sien onderstaande PODCAST

Verskeie organisasies en individue wat bygedra en skenkings aan boere gedoen het wat in nood verkeer weens wegholveldbrande in die Wes-Vrystaat, is hierdie naweek op 'n geselligheid vir hulle hulp bedank. Johann Steenkamp, takvoorsitter van AfriForum op Boshof sê hierdie geleentheid het boere ook in staat gestel om diegene wat skenkings gedoen het, te ontmoet. Die dankie-sê geselligheid, wat deur Afriforum gereël is, het Saterdagmiddag by Makhulu Game Lodge & Safaris in Boshof in die Vrystaat plaasgevind. Hierdie funksie volg nadat boere in die Hertzogville-, Boshof-, en Hoopstad-distrikte se weivelde, lewendehawe en eiendom deur wegholveldbrande verwoes is. 

‘n Bekende en kundige in die wapenbedryf, Zane Koeberg, sê diegene wat in besit van groen lisensies is kan nog aansoek doen om hernuwing van hierdie lisensies. Hy verduidelik dat hierdie individue aanvanklik moes deelneem aan die huidige amnestieproses, maar die polisie het toe daarteen besluit en kan hulle nou net hul wapens herlisensieër. Koeberg doen 'n beroep op lede van die publiek wat 'n geldige wapeneienaar is om vervaldatums in ag te neem. 

Die gevare van die voorgestelde Onteieningswysigingswet is tydens 'n media konferensie deur Vrystaat Landbou (VL) uitgewys. Die organisasie het bekend gemaak dat die nuut voorgestelde Onteieningswetsontwerp alle bates van alle landsburgers teiken. Die president van VL, Francois Wilken, sê in algemene diskoers word daar verkeerdelik aangeneem dat slegs landbougrond die teiken van onteiening sonder vergoeding is. Hy waarsku egter dat hierdie wet nie net geld vir boere en grondeienaars nie, maar vir elke individu se eiendomsreg ook. Daarmee saam het Dr Jack Armour, bedryfbestuurder van VL en Annelize Crosby, Agri SA se hoof van Grondsake, probleme met die Onteieningswet uitgelig. Hierdie probleme sluit in, onder andere, dat alle bates deur hierdie wetgewing geteiken kan word en dat die wet breë algemene kategorieë daarstel waarbinne onteiening sonder vergoeding kan plaasvind. Die organisasie raai enige persoon wat die Onteieningswysigingswet wil teenstaan aan, om hul inset op VL se webwerf aan te teken. Hierdie inset sal aan die parlement oorhandig word.

EN

Agri SA sê hy sien uit na ‘n opwindende periode wat voorlê. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê die organisasie is in gesprek met plaaslike en internasionale rolspelers om sodoende Suid-Afrikaanse landbou vorentoe te vat. Van der Rheede sê aan OFM-nuus dat wat vanjaar uitgestaan het is dat landbou onder geweldige druk geplaas is gedurende die uitbraak van Covid-19 en die gepartgaande streng inperkingsmaatreëls. Ten spyte hiervan voeg hy by dat die bedryf as ‘n essensiële diens verklaar is en kon sekere sektore gedurende die inperking handel dryf. Daarmee saam voeg hy by dat die organisasie ‘n baie opwindende jaar het wat voorlê. Dit, soos die organisasie in gesprek met verskillende politieke rolspelers is om die belangrikheid van landbou onder hulle aandag te bring. Intussen wens hy boere en hulle families ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.