Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 18 Dec 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mielie uitvoerverkope vir die week is 10% meer as die vorige week se uitvoerverkope.
China was die grootste koper van Amerikaanse mielies vir die week gevolg deur Meksiko.
Die plaaslike mieliemark het gister skerp onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R32/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 705/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R18/ton laer verhandel om teen R2 795/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse uitvoerverkope vir die week is 62% hoër as die vorige week se uitvoerverkope en 20% hoër as die vorige 4 weke se gemiddelde uitvoerverkope.
Die Amerikaanse sojaboon uitvoerverskepings was 4% laer as die vorige week se uitvoerverskepings, maar steeds 3% meer as die vorige 4 weke se gemiddeld.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het terwyl ander kontrakte ondersteuning gevind het en sterker verhandel het vir die dag.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R92/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 315/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koring uitvoerverkope vir die week was 12% laer as die vorige week se uitvoerverkope.
Die Amerikaanse koringuitvoerverskepings was baie teleurstellend hierdie week en dit was 41% laer as die vorige 4 weke se gemiddeld.
Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R44/ton laer verhandel om teen R4 820/ton te sluit.
OFM-nuus
