On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 21 Dec 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het ongeveer 1% hoër gesluit vir die dag.

Die ondersteuning in die Amerikaanse mark kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die minder gunstige produksieomstandighede wat in Suid-Amerika heers.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R30/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 733/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R22/ton hoër verhandel om teen R2 813/ton te sluit.

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het ongeveer 1.5% hoër gesluit vir die dag.

Die ondersteuning in die Amerikaanse sojaboonmark kan grootliks toegeskryf word aan tegniese aankope wat in die mark gesien was.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R61/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 375/ton te sluit.

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag meestal gemeng verhandel en het nie groot prysbewegings getoon vir die dag nie.  

Daar is tans baie min nuwe nuus in die internasionale koringmarkte en dit hou die pryse redelik sywaarts.

Die plaaslike koringmark het Vrydag gemeng verhandel met van die kontrakte wat ondersteuning gevind het terwyl ander kontrakte sterker verhandel het vir die dag.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R13/ton laer verhandel om teen R4 807/ton te sluit.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.