Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 22 Dec 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die weeklikse uitvoerinspeksies was teleurstellend en dit was laer as die vorige week se uitvoerinspeksies.
Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R55/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 788/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R57/ton hoër verhandel om teen R2 870/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het hoër gesluit vir die dag.
Die weeklikse uitvoerinspeksies het die handelsverwagtinge vir die week oorskry met China wat die grootste koper van Amerikaanse sojabone was vir die week.
Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R135/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 510/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die sterker Amerikaanse koringmark kan meestal toegeskryf word aan ? oorspoel effek vanaf die mielie en sojaboon markte.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R43/ton hoër verhandel om teen R4 850/ton te sluit.
OFM-nuus
