On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Stories wat in 2020 hoofopskrifte gehaal het

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 04 Jan 2021

Stories wat in 2020 hoofopskrifte gehaal het | News Article

Die jaar 2020 word gekenmerk as ‘n besonderse jaar gevul met talle hoogtepunte en laagtepunte.

Die coronavirus-pandemie en plaasaanvalle en –moorde is net van diegebeure wat landbougemeenskappe gekniehalter het. Hier is OFM-nuus se ElsabéRichard met die grootste stories van 2020…

Sien onderstaande PODCAST

Die jaar 2020 was defnitief 'n besonderse jaar. Net soos ander sektore het landbou talle hoogtepunte en laagtepunte ervaar. Ons begin hierdie insetsel met plaasaanvalle en -moorde wat landswyd vir media opskrifte gesorg het. Die aanval op die 21-jarige plaasbestuurder, Brendin Horner in die Vrystaat het internasionale nuus gehaal. Honderde mense het na Senekal gestroom om die oorledene se familie te ondersteun, en om teen plaasmoorde protes aan te teken toe twee verdagtes, Sekwetje Mahlambi en Sekola Matlaletsa op 6 Oktober 2020 hulle eerste hofverskyning gemaak het. Wat begin het as 'n vreedsame protes het later in chaos ontaard toe die betogers na bewering die landdroshof binnegestorm het en toe glo 'n polisiemotor aan die brand gesteek het. Afriforum se Ernest Roets het aan OFM-nuus gesê boere het genoeg gehad van die regering se oënskynlike onbereidwilligheid om misdaad op plase aan te spreek. Intussen sal Mahlambi en Matlaletsa weer op 22 Januarie 2021 in die Senekal-landdroshof verskyn. Ondersoeke duur voort.

Boere in die Vrystaat was verlig toe die Vrystaatse Premier, Sisi Ntombela, die Hertzogville-, Boshof-, en Hoopstad-distrikte in die Wes-Vrystaat as rampgebiede verklaar het na wegholveldbrande in Oktober 2020. Sowat 100 000 hektaar veld is verwoes. DA-leier in die Vrystaat, Roy Jankielsohn, het gesê die party verwelkom dié aankondiging in die Staatskoerant van ‘n ramptoestand in die bogenoemde areas.

EN

Die landboubedryf is ook soos ander sektore deur die coronavirus geraak. Die tabak- en wynbedrywe is die hardste getref deur die nasionale inperking. Die organisasie vir familieboere, Saai, tesame met die tabakmaatskappy, British American Tobacco SA, Batsa, en nege applikante, het die regering hof toe gesleep weens dié verbod op tabakprodukte. Francois Rossouw, Saai se uitvoerende hoof, sê dié organisasie het in belang van tabakboere opgetree. Bestuurshoof van die wynbedryforganisasie Vinpro, Rico Basson, het in Augustus gesê daar lê nog 'n lang pad van herstel vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf voor. Na raming het dié bedryf sowat R7 miljard verloor het sedert die aanvang van handelsbeperkings in Maart 2020. Baie besighede moes ook hulle deure sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.