On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Neem deel aan 2021 se SA Suiwelkampioenskappe

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 06 Jan 2021

Neem deel aan 2021 se SA Suiwelkampioenskappe | News Article

Groot, medium en klein suiwelprodusente word genooi om in te skryf vir vanjaar se Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe.


Luidens Isabeau Botha, woordvoerder van Agri-Expo, is hierdie kompetisie die grootste, oudste en mees gesogte suiwelgebeurtenis in die land. 

OFM-nuus se Elsabé Richard het met haar gepraat…

Sien onderstaande PODCAST

Botha deel dat die kampioenskappe jaarliks sowat 900 inskrywings van vervaardigers regoor die land lok.

Sy verduidelik dat hierdie suiwelprodukte kompeteer vir die gerekende titels van SA Kampioen, die Qualité-merk van Gehalte en die Produk van die Jaar, wat aangewys word tydens die glansryke Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings.

Botha maak in ‘n verklaring bekend dat Alan Fourie, die hoofbeoordelaar, verduidelik dat die uitsluitlike doel van die kampioenskappe is om uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder en te erken. Hy deel ook dat hierdie kompetisie een van die enigste kompetisies ter wêreld is wat vyf beoordelaars per kategorie gebruik. Hy voeg by dat dit die maatstaf geword het waarvolgens produsente hulself teen mekaar meet.

Daarmee saam deel Botha dat daar meer as tien kategorieë is wat bestaan uit meer as 100 klasse. Hierdie kategorieë sluit onder meer in kaas, jogurt, melk, room, roomys en botter.

Sy sê die wenners in die onderskeie kategorieë word as SA Kampioene bekroon terwyl produkte van besonderse hoë kwaliteit die Qualité-toekenning ontvang, “wat deur die bedryf erken word as die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte in Suid-Afrika”.

Botha moedig nuwe vervaardigers van suiwelprodukte aan om in te skryf. Sy sê hulle ontvang elke jaar inskrywings van nuwe suiwelmaatskappye en nuwe suiwelprodukte.

Inskrywings en kontakbesonderhede

Aanlyninskrywings open op Maandag 11 Januarie op www.cheesesa.co.za en sluit Maandag 1 Februarie 2021. 

Botha sê beoordeling vind op Donderdag 25 Februarie in die Percheron-saal op Elsenburg plaas, terwyl die SA Suiweltoekennings op Vrydag 26 Maart in die Endler-saal op Stellenbosch aangebied word.

“Die SA Suiwelkampioenskappe en SA Suiweltoekennings word moontlik gemaak in samewerking met die platinum vennoot Synercore en ander vennote,” voeg sy by.

Vir meer inligting besoek www.cheesesa.co.za of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of stuur navrae aan cheese@agriexpo.co.za.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.