On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Pryse vir lewendehawe bekend gemaak

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 07 Jan 2021

Pryse vir lewendehawe bekend gemaak | News Article
Foto: sussex.co.za

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. 

Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. 

Hier is Derksen...

Sien onderstaande PODCAST

Derksen verskaf vandeesweek aanduidende pryse vir lewendehawe. Dit aangesien veilings op die stadium te klein is om die presiese pryse te kan verskaf. Hy sê daar moet onthou word dat speenkalwers nou volop sal word gedurende speentyd in Maart, April en Mei. Hy voeg by dat dit gewoonlik ‘n neerdrukkende effek op pryse het. Daarmee saam herinner hy boere dat soos vetkoeie meer volop word, sal hulle pryse ook onder druk kom.

Speenkalwers, onder 200kg, het teen R40 per kg verkoop, terwyl speenkalwers oor 250kg, teen R36 per kg verkoop het.

Ander veilingspryse vir beeste: 

A-klas beeste
R27,00 per kg
C-klas vet koeie
R24,00 per kg
Maer koeie
R20,00 per kg
Slagbulle
R24,50 per kg
Skape

Stoorlammers
+/- R40,00 per kg
Slaglammers
R35,00 per kg
Stoorskape
R30,00 per kg
Vetskape
R28,00 per kg
Bokke

Lammers
R45,00 per kg
Ooie
R32,00 per kg


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.