On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

18 uit 20 VS-damme toon toename in vlakke

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 12 Jan 2021

18 uit 20 VS-damme toon toename in vlakke | News Article
Foto: en.wikipedia.org

Die voortdurende reënval wat in die Vrystaat ervaar word, het daartoe gelei dat baie damvlakke in die provinsie ‘n toename toon.

Rossouw Botes, DA-raadslid in die Mangaung Metro en die party se woordvoerder oor watersake, deel die damvlak-syfers. 

OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat…

Sien onderstaande PODCAST

Botes meen dat die reën ‘n groot verligting is vir boere wat geleë is in dele van die provinsie wat vir jare lank al worstel met droogte. Hy voeg egter by dat wat dalk kommerwekkend kan wees, is dat ander gebiede te veel reënval ervaar het.

“Ons is jammer vir daai boere wat skade gelei het. Ons weet veral in die Noordwes-Vrystaat – Bultfontein, Hoopstad en Wesselsbron - maar ons is dankbaar dat ons damme oor die algemeen baie goed lyk,” sê Botes.

Damvlakke soos op 11 Januarie 2021

Dam
12/12/20
11/01/21
 
Rustfontein
29,69%
26,28%
-3,41%
Welbedacht
100%
100%

Gariep
77,18%
98,58%
+24,40%
Vanderkloof
80,14%
79,22%
-0,92%
Allemanskraal
35,63%
85,17%
+49,54%
Erfenis
54,85%
90,74%
+35,89%
Kalkfontein
16,05%
14,48%
-1,57%
Tierpoort
46,43%
46,43%

Krugersdrift
74,13%
75,69%
+11,56%
Groothoek
52,16%
50,98%
-1,18%
Koppies
57,05%
103,66%
+46,61%
Sterkfontein
94,91%
96,42%
+1,51%
Saulspoort
100,07%
106,93%
+6,86%
Bloemhof (soos op 14/12/20)
80,84%
107,37%
+26,53%
Katse
26,59%
50,76%
+24,17%
Armentia
70,46%
108,07%
+37,61%
Knellpoort
50,04%
54,20%
+4,16%


Daarmee saam voeg Botes by dat boere wat aangewese is op besproeiingsregte kan baatvind by die hoë damvlakke.

Hy voeg egter by dat boere wie se besproeiingstoerusting, vee en ander items langs rivierwalle is, moet versigtig wees aangesien oorvol damme skade kan veroorsaak.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.