On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Boesmanland-boere nog hoopvol vir reën

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 12 Jan 2021

Boesmanland-boere nog hoopvol vir reën | News Article

Terwyl party juig oor die reënval, is daar steeds boere in dele van die land wat nog hoop op goeie reën.

Lionel Cloete, ‘n boer uit die Boesmanland-streek in die Noord-Kaap, sê hoewel daar verlede week net sowat 1,5 mm reën op sy plaas geval het, is hy steeds hoopvol dat hulle reën sal kry. 

OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat…

Sien onderstaande PODCAST

Cloete deel dat hy in hierdie stadium net kernkuddes besit nadat die agt jaar lange droogte sy tol geëis het.

Hy beskryf verlede week se reënval as ‘n tropiese depressie wat vanaf Namibië oor die Noord-Kaap gekom het. Dit soos, onder andere, die Richtersveld-omgewing en gebiede langs die Oranjerivier vloedskade gely het.

Hy voeg by dat hierdie tropiese depressie ook by Rooiwal en Vioolsdrift groot skade aangerig het. Druiweboere het veral skade gely.

Verder het die Pofadder-omgewing sowat 200mm reën ontvang, terwyl die Onseepkans-omgewing tussen 100mm en 150mm reën ontvang het.

“Die anti-klimaks was gewees dat net soos wat hy 200mm en 150mm daar geval het, het hy in die Boesmanland, byvoorbeeld tussen waar ek boer en [ander plase], het maar 1,5mm [geval]. Dit het nie naastenby die droogte in die Boesmanland en sekere areas in die Boesmanland gebreek nie,” sê Cloete.

Ten spyte hiervan, sê Cloete, is hy dankbaar dat daar reën voorgekom het in die provinsie, maar “ons oë bly nog steeds gerig na Bo”.

Cloete sê boere is geweldig afhanklik van hulp. Hy deel dat hulle onlangs kon aansoek doen vir droogtehulp wat wissel van R250 tot R9 000 by die plaaslike regering. Hy sê omdat die droogte al so lank aan die gang is, is die “riem al baie dun gesny” en is daar nie regtig enige reserwes oor waarop boere kan staat maak nie.

Daarmee saam sê Cloete is boere dankbaar vir hulp wat hulle ontvang. Dit, soos twee plaaslike myne onlangs geld geskenk het aan die Steinkopf-boerevereniging.

Laastens hoop en vertrou boere in die Boesmanland-streek dat hulle in die volgende drie weke ook reën sal ontvang om die droogte in die streek te verlig.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.