On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

VL vergader met departement oor paaie ná swaar reën

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 18 Jan 2021

VL vergader met departement oor paaie ná swaar reën | News Article
Foto: Verskaf

Vrystaat Landbou (VL) sal na verwagting op Dinsdag 18 Januarie met die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer vergader.

Dit volg nadat sommige paaie en brûe in die provinsie weggespoel of onbegaanbaar is ná swaar reën. OFM-nuus se Elsabé Richard het met Jack Armour, bedryfsbestuurder van VL gepraat…

Sien onderstaande PODCAST

Die vergadering kom nadat ‘n brief aan die departement gerig is en gevra het dat dringende stappe gedoen word om paaie vir noodsaaklike toegang te herstel. Armour voeg by dat die organisasie dankbaar is vir die departement se vinnige reaksie op VL se brief.

Hy sê die departement het reeds rampbestuurspanne uitgestuur na geaffekteerde gebiede soos Bultfontein, Hoopstad, Heilbron en Parys om die omvang van die skade te bepaal en vas te stel.

In sekere gebiede moet daar slote gegrawe word, sê Armour. Dit is sodat die gebied gedreineer kan word. Hy meen groot masjiene en baie diesel is nodig om hierdie slote te grawe.

Daar is boere wat reeds begin het om dié paaie te herstel, maar hulle sal finansiële en materiële ondersteuning nodig hê om verdere rampspoed af te weer.

Verder sê die organisasie in ‘n verklaring hy doen ’n beroep op politieke hoofde om die afkondiging van 'n noodtoestand te bespoedig en hulpbronne beskikbaar te stel om landelike bewoners by te staan.

Francois Wilken, VL se president voeg by dat indien daar nie ‘n oplossing gevind word nie, “sal plaasbewoners soos pensioenarisse en skoolkinders nie toegang tot dienste kan kry nie (taxi's het lankal geweier om op hierdie paaie te ry) en klinieke en ambulanse sal nie toegang tot plase kan kry om chroniese medisyne af te lewer en kritieke siek pasiënte te vervoer nie. Dit maak alles inbreuk op die basiese menseregte van ons landelike burgers."

Intussen is die Vrystaatse Departement van Landbou bekommerd oor die infrastruktuur op en buite plase, soos silo's, huise en werkswinkels, sowel as skade aan veldgewasse wat veroorsaak word deur die onlangse swaar reën in die provinsie.

Zimasa Leputla, woordvoerder van die departement, voeg by plase wat tot dusver geraak is, is in Bultfontein en Hoopstad in die Lejweleputswa-distrik, rondom Vredefort in die Fezile Dabi-distrik, asook rondom Kestell en Harrismith in die Thabo Mofutsanyana distrik.

Leputla sê tot dusver dui voorlopige verslae aan dat paaie op plase ontoeganklik geword het.

Daarmee saam het die LUR vir die Vrystaatse Departement van Landbou, William Bulwane, Woensdag boere in die Bultfontein-omgewing besoek en kennis geneem van die verwoesting.

Hy het 'n beroep gedoen op 'n samewerkende benadering tot hierdie soort rampe waarby ander provinsiale departemente betrokke sal wees.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.