On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Keerwal benodig dringende herstelwerk - VIDEO

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 25 Jan 2021

Keerwal benodig dringende herstelwerk - VIDEO | News Article
Foto: OFM-nuus

‘n 84-jarige Vrystaatse boervrou, wat op die plaas Kruidfontein in die Soutpan-omgewing boer, sê die keerwal in die Modderrivier, wat langs haar plaas vloei, benodig dringende herstelwerk.

Boere het dié keerwal sowat 70 jaar gelede gebou om water op te vang, en Frieda Vorster, wat net ‘n kind was in daardie stadium, sê boere het nie nou die geld om die wal te herstel nie. 

OFM-nuus se Cathy Dlodlo het met haar gepraat…

Sien onderstaande PODCAST


Vorster sê die keerwal benodig dringende herstelwerk, veral ná die swaar reënval. Sy sê die struktuur mag dalk in die nabye toekoms ineenstort en baie boere sal nadelig hierdeur geraak word.

OFM-nuus se Cathy Dlodlo het vroeër berig Vorster sê verskeie versoeke aan die regering om herstelwerk aan die keerwal te doen het sover op dowe ore geval. ‘n Ingenieur het egter ‘n terplaatse ondersoek gedoen en ‘n verslag hieroor uitgereik. Die verslag beraam die koste vir die herstel van die wal op sowat R3,5 miljoen. Vorster sê boere kan nie bekostig om die skade te herstel nie.

Vorster het ook gedeel dat die Modderrivier die Krugersdriftdam voer, en verskeie plase in die omgewing trek voordeel uit die rivier.

Hierdie keerwal is volgens Vorster in die 1950’s gebou en boere het toestemming gekry vanaf die destydse regering. Die regering het egter toe in ‘n later stadium die grond waarop die wal gebou is, uitgekoop. Dit vorm nou deel van die Soetdoring Natuurreservaat.

Intussen het die Vrystaat Landbou LUR, William Bulwane, Vrydag die keerwal besoek en gesê dat hy met die hoof van die Plaaslike Departement van Water en Sanitasie, Tseliso Ntili, in kontak sal tree om sy ingenieurs te ontplooi om die keerwal te besoek en vas te stel hoe die wal bewaar kan word.




OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.