On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Ivermektien slegs vir dierlike gebruik verkoop - NWK

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 26 Jan 2021

Ivermektien slegs vir dierlike gebruik verkoop - NWK | News Article
Foto: news24.com

NWK raai verbruikers aan om hulle algemene praktisyns te raadpleeg oor die behandeling van Covid-19 aangesien dit slegs ivermektien vir dierlike gebruik verkoop.

Dit kom nadat daar berig word dat mense ivermektien koop om Covid-19 te behandel. 

Johan Bezuidenhout, groepbestuurder van korporatiewe bemarking en kommunikasie, sê hulle ervaar wel ‘n toename in verkope maar kan dit nie noodwendig toeskryf aan die pandemie nie. 

OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat…

Sien onderstaande PODCAST

Die organisasie sê verder in ‘n verklaring dat ivermektien al vir dekades lank deur boere gebruik word vir die behandeling van parasiete in vee en dat daar egter berigte ontstaan dat dit ook gebruik kan word vir die behandeling van Covid-19 pasiënte.

“Van die verskaffers sirkuleer kennisgewings om klante in kennis te stel dat ivermektien slegs vir veegebruik verkoop sal word en NWK Retail verkoop dié produkte op dieselfde basis,” het Bezuidenhout gesê.

Intussen het Afrivet voorheen in ‘n verklaring gesê plaaslike ivermektien-produkte is nie geregistreer vir menslike gebruik nie. "Ons geregistreerde veemiddels is getoets vir veiligheid by diere, nie mense nie. Dit is 'n kriminele daad om die gebruik van dieregesondheidsprodukte aan te beveel wat nie geregistreer is as medisyne vir gebruik in of op mense vir enige doel nie, in ooreenstemming met Wet 101 van 1965,” lui die verklaring.

Bezuidenhout verduidelik dat die onlangse goeie reënval, wat oor meeste dele van die land geval het, tot ‘n toename in parasiete kan lei wat tot 'n hoër vraag na ivermektien kan lei. Hy voeg ook by dat ‘n tekort aan die produkte ‘n leemte gaan laat vir produsente wat parasietbeheer moet toepas. Dit, aangesien ivermektien ‘n goeie meganisme bied vir parasietbeheer.

Bezuidenhout sê NWK het ook leweringsprobleme met verskaffers ervaar maar dit behoort teen Februarie aangespreek te word. Hy sê sedert die aanvang van die pandemie het hulle ook leweringsprobleme ervaar met ander produkte soos staal, draad en pale.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.