On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 26 Jan 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: OFM-nuus

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Ondanks opbeurende nuus vir die mieliemark in die VSA verlede Vrydag, het termynpryse gister steeds gedaal weens die verhoogde voorspellings vir Suid-Amerikaanse mielie-opbrengste.

Beeste op voergetalle wat verlede Vrydag deur USDA vrygestel is, was in alle kategorieë hoër as wat verwag is. Dit dui op die sterk vooruitsigte vir vee - wat gunstig is vir mieliegebruik.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal wisselvallig verkeer en het hoofsaaklik in die rooi die dag se verhandelinge afgesluit oor meeste van die wit- en geelmieliekontrakte wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R54/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 048/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R66/ton laer verhandel om teen R3 152/ton te sluit.


Sojabone:

Selfs met die nuwe groot uitvoerverkope wat verlede week aangekondig is en 'n sterker as verwagte weeklikse uitvoerverslag vir sojabone, het die Amerikaanse sojabone-termynkontrakte gister nog steeds gedaal.

Vroeë verslae van Mato Grosso dui op 'n effense afname in opbrengste, maar stabiele oppervlakteskattings, wat toegeneem het teenoor 'n jaar gelede, sal waarskynlik 'n rekordhoë volume sojabone wat in Brasilië geoes is, ondersteun.

Die plaaslike sojaboonmark het gister wisselvallig verhandel vir die dag en het die dag se verhandelinge swakker geeindig oor meeste kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R29/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 720/ton te sluit.


Koring:

Amerikaanse koringtermynkontrakte het gister effens beter gevaar as eweknieë vir mielies en sojabone, hoewel dit op die oog af steeds met gemengde resultate verhandel het.

Anders as mielies en sojabone, het spekulante verlede week meer belangstelling in die koringbedryf gevind, want Rusland het 'n belasting op koringuitvoer verhoog en droogtetoestande in die Amerikaanse vlakte verskerp. Gedurende die week, wat op 19 Januarie geëindig het, het bestuurde geldfondse hul netto koopposisies op Chicago-rooi winterkoring, Kansas City harde rooi winterkoring en Minneapolis-lentekoring met onderskeidelik 21%, 6% en 13% vergroot.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en verhandel swakker oor sommige van die kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021 R28/ton laer verhandel en gesluit teen R5 262/ton.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.