On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

#Covid19: Gemmerpryse styg weens aanvraag

───   05:00 Wed, 27 Jan 2021

#Covid19: Gemmerpryse styg weens aanvraag  | News Article
Foto: webmd.com

Die prys van gemmer het 'n slegte smaak in die mond van die verbruiker gelaat nadat die hoë vraag die pryse laat styg het, met kenners wat die neiging vergelyk het met dié van beet en knoffel tydens die MIV-krisis in die 1990s en 2000s.

OFM-nuus se Elsabé Richard het meer…

Sien onderstaande PODCAST

Gemmer is 'n gewilde bestanddeel in boererate om ‘n seer keel en verkoue te behandel. Dit het gewild geraak gedurende die Covid-19 pandemie vir sy beweerde vermoë om simptome te verlig.

IOL berig dr. Chantell Witten, geregistreerde dieetkundige aan die Universiteit van die Vrystaat, het gesê dat daar tans 'n neiging is om groot hoeveelhede gemmer te verbruik, buiten die tradisionele gebruik as 'n spesery.

Sy het bygevoeg dat in ooreenstemming met Suid-Afrika se riglyne vir gesonde eetgewoontes, die verhoogde inname van plantaardige voedsel verwelkom word.

Witten het egter ook gesê dat die kommer bestaan dat die toenemende vraag na gemmer as 'n huismiddel vir Covid-19 geposisioneer is - wat nou tot verhoogde pryse lei ondanks geen bewyse om hierdie bewerings te ondersteun nie.

Intussen het sosiale media gebruikers die prysstygings beklemtoon met foto's van pakkies in winkels wat soveel as R480 per kilogram (kg) kos.

Twitter-gebruikers beweer dat 'n kilo gemmer R300 by Food Lover's Market in Johannesburg kos, terwyl los gemmer met 'n prys van R199,99 per kg opgemerk is by 'n Pick n Pay in Parow, Kaapstad.

Pick n Pay berig dat gemmer gedurende die buiteseisoen 'n baie groot vraag gehad het, en winkels moes die produk van oorsee af invoer.

Die voedselkleinhandelaar het voorts gesê dat hul korporatiewe winkels tans gemmer vir R189,99 per/kg verkoop en dat hulle hard daaraan werk om in die verhoogde vraag te voorsien, terwyl hulle pryse so laag as moontlik hou.

In 'n onlangse verklaring van Food Lover's Market word klante ook gewaarsku dat die prys van gemmer sal toeneem tot die begin van die plaaslike seisoen in Februarie.

Verder het dr. Kobus Laubscher, ‘n landbou-ekonoom, gesê dat plaaslike gemmerverskaffers nie gereed is vir die aanvraag nie.

Hy voeg by dat dit nie 'n produk is wat maklik vervaardig kan word nie.

Laubscher was egter vol vertroue dat verbruikers 'n prysdaling sou sien namate die inperkingsmaatreëls verswak en die nuwe seisoen aanbreek.



IOL

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.