Agri Hour
Lae pryse kom gewoonlik in Januarie voor─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 28 Jan 2021
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.
Hier is Derksen...
Sien onderstaande PODCAST
Hy deel dat lae pryse gewoonlik in Januarie voorkom, maar dat die pryse taamlik goed lyk. Derksen voeg by dat vet koeie in Namibië tot R30,00 per kg kos waar dit in Suid-Afrika sowat R24,00 per kg kos. Verder sê hy dat die onlangse reën paaie verspoel het wat vervoer bemoeilik.
Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R42,25 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,12 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,28 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
| A-klas beeste | R27,43 per Kg | |||
| B-klas beeste | R24,88 per kg | |||
| C-klas vet koeie | R23,67 per kg | |||
| Maer koeie | R18,00 per kg - R21,11 | |||
| Slagbulle | R25,75 per kg | |||
| Skape | ||||
| Stoorlammers | R45,51 per kg | |||
| Slaglammers | R38,00 per kg | |||
| Stoorskape | R33,24 per kg | |||
| Vetskape | R31,05 per kg | |||
| Bokke | ||||
| Lammers | R45,14 per kg | |||
| Ooie | R35,11 per kg | |||
OFM-nuus
