On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 29 Jan 2021

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf.

OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou vandeesweek se hoofstories op OFM uit...

Sien onderstaande PODCAST

Sikloon Eloise, wat intussen afgegradeer is na 'n tropiese storm, mag Suid-Afrika dalk teen Dinsdag verlaat, maar Johan van den Berg, onafhanklike weerkundige, sê vooruitsigte toon dat daar 'n volgende sikloon kan ontwikkel. Van den Berg sê egter voor hierdie sikloon vorm, is daar 'n baie sterk laagdruk wat oor die noordelike dele van Botswana en Namibië begin ontwikkel en vog na die binneland sal instoot. Intussen voeg Van den Berg by dit lyk asof die noordoostelike gedeeltes sowat 80mm tot 100mm reën sal ontvang vir die volgende paar dae.

NWK raai verbruikers aan om hulle algemene praktisyns te raadpleeg oor die behandeling van Covid-19 aangesien dit slegs ivermektien vir dierlike gebruik verkoop. Dit kom nadat daar berig word dat mense ivermektien koop om Covid-19 te behandel. Johan Bezuidenhout, groepbestuurder van korporatiewe bemarking en kommunikasie, sê hulle ervaar wel ‘n toename in verkope maar kan dit nie noodwendig toeskryf aan die pandemie nie.  Die organisasie sê verder in ‘n verklaring dat ivermektien al vir dekades lank deur boere gebruik word vir die behandeling van parasiete in vee en dat daar egter berigte ontstaan dat dit ook gebruik kan word vir die behandeling van Covid-19 pasiënte. Afrivet het voorheen in ‘n verklaring gesê plaaslike ivermektien-produkte is nie geregistreer vir menslike gebruik nie.

Kleinskaalse melkboerderye kry swaar in Suid-Afrika wat daartoe lei dat hierdie boere hulle hekke moet sluit. Ian van Niekerk, eienaar van Oakland Dairies in die Wes-Kaap, sê sowat ses kleinskaalse melkerye het verlede jaar hulle deure gesluit. Van Niekerk benadruk die belangrikheid om plaaslike melkboere te ondersteun om sodoende die geld wat hulle in hulle besighede belê het, terug te kan kry en hulle werkers se salarisse te kan betaal. Hy voeg verder by dat melk ‘n gesonde produk is en werk vir duisende Suid-Afrikaners skep. Hy verduidelik dat kleiner melkboerderye swaarkry en uiteindelik hulle hekke sluit, terwyl groot melkboerderye nóg groter word en uiteindelik in mega-suiwelprodusente verander.

EN

Boere word daaraan herinner om lewendehawe teen slenkdalkoors in te ent. Die woordvoerder vir die Departement van Landbou, Reggie Ncobo, verduidelik dat slenkdalkoors 'n ernstige virussiekte is wat versprei word deur muskiete wat die siekte van besmette diere na gesonde diere oordra. Die virussiekte kan aborsies en vrektes veroorsaak by beeste, skape en bokke. Mense wat in kontak kom met die bloed en ander liggaamsvloeistowwe van besmette diere, kan ook slenkdalkoors opdoen. Daarmee saam voeg hy by dat enige vermoede van die virussiekte onmiddellik by die naaste staatsveearts aangemeld moet word. Intussen het die Vrystaatse LUR vir Landbou, William Bulwane, boere ook opnuut gewaarsku oor die moontlike uitbraak van slenkdalkoors.



OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.