Agri Hour
Aanvraag na goeie kwaliteit Merinowol tans hoog─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 28 Jan 2021
Ekonomië regoor die wêreld is besig om te stabiliseer, met die Covid-19 entstof wat wêreldwyd beskikbaar gestel is en noudat hoop opvlam dat die pandemie onder beheer gebring kan word.
Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, voeg verder by dat daar nou ‘n hoë aanvraag na goeie kwaliteit Merinowol is, wat goeie nuus is vir die SA wolmark.
Hier is Victor…
Sien onderstaande PODCAST
Hy sê dit word verder weerspieël in die feit dat die resultaat selfs beter was as die Australiese mark en die invloed van die effens swakker Rand ook oorskadu het.
Daarmee saam sê Victor die aanbiedinge, in terme van hoeveelheid bale, gaan begin verklein ná afloop van die finansiële jaar en dit behoort in geheel 'n positiewe uitwerking op die wolmark uit te oefen.
Victor sê wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 1,7% hoër in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.
Hy voeg by dat sertifisering 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 3 Februarie 2021, waar sowat 9 528 bale aangebied sal word.
OFM-nuus
