On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 01 Feb 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: Sabrina Dean

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Goeie aankope vanaf China wat die afgelope tyd plaasgevind het, het die Amerikaanse mieliemark ondersteun.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag goeie ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R22/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 132/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R28/ton hoër verhandel om teen R3 271/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het ongeveer 1% hoër gesluit vir die week.

Private uitvoerders het uitvoerverkope van ongeveer 133 000 ton aan die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer. Dit is vir lewering aan China in die 2021/22-seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R137/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 770/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die ondersteuning in die Amerikaanse koringmark kan grootliks toegeskryf word aan 'n oorspoel effek vanaf die ander grane en oliesade.

Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R38/ton laer verhandel om teen R5 268/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.