Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 02 Feb 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark verhandel steeds sterk en vind goeie ondersteuning deur die goeie koopkrag vanaf China.
China se mielie-invoer vir die seisoen is steeds goed en meeste van die mielies word tans van die VSA af ingevoer.
Die plaaslike mieliemark het gister goeie ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R12/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 144/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R14/ton hoër verhandel om teen R3 285/ton te sluit.
Sojabone:
Die internasionale sojaboonmark verhandel ook sterker ten spyte van die verwagting dat die onlangse reën positief sal wees vir die Suid-Amerikaanse produksie.
Vervoerstakings in Brasilië het 'n negatiewe impak op die logistiek om sojabone by die verwerkers en uitvoerders te kry.
Die plaaslike sojaboonmark het gister gemeng verhandel met die naby maandkontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl die verder maandkontrakte onder druk gekom het.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R20/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 750/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark verhandel steeds meestal gemeng met goeie oorspoel-effekte vanaf ander gewasse, maar die kompetisie vanaf ander internasionale bestemmings is steeds sterk.
China het gister weer groot gedeeltes van die staatsreserwe koring op 'n veiling verkoop.
Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag in meeste van die kontrakte wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R23/ton hoër verhandel om teen R5 291/ton te sluit.
OFM-nuus
