On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-toerisme - ontvlug na die natuur

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 04 Feb 2021

Agri-toerisme - ontvlug na die natuur | News Article
Foto: tnhomeandfarm.com

Mense wat in stede woon, het 'n behoefte aan agri-toerisme, veral ná streng Covid-19-inperkingsregulasies.

Jacques Strydom, eienaar van Middelwaterplaas in die Vrystaat, sê agri-toerisme bied ‘n gevoel van ontsnapping van die onsekere en stresvolle tyd waarin ons ons nou bevind. 

Sien onderstaande PODCAST

Strydom sê hierdie vorm van toerisme het bestaan nadat boere na maniere gekyk het oor hoe om die behoeftes te vervul van mense wat van die besige stadslewe wil ontsnap.

Hy sê mense is nuuskierig om te sien hoe hulle kos geproduseer word en om te kyk wat boere op ‘n daaglikse basis op hulle plase doen. “Hulle wil uitvind hoe werk ‘n wildboerdery. Hulle wil uitvind hoe werk ‘n mielieboerdery. Hulle wil gaan kyk na die praktyke wat mense op plase toepas,” verduidelik Strydom.

Hy deel verder dat die agri-toerisme konsep nie ‘n nuwe een is nie aangesien daar talle boerderye is wat gastehuise op hulle plase geskep het.

Strydom sê dis ‘n boer se voorreg om in die natuur te lewe en sy lewenstyl met die breër samelewing te kan deel.

Agri-toerisme laat die boer ook toe om ekstra inkomste te verdien, meer werksgeleenthede te skep, asook om meer waarde tot hulle produkte te voeg.

Strydom voeg ook by dat agri-toerisme nie vir alle boere kan werk nie. Dit, soos sommige produsente van hulle privaatheid hou terwyl ander mense-mense is en daarvan hou om ondervindings met ander te deel.

Strydom en sy vrou, Marica, het die Middelwaterplaas in 2017 gekoop, met die visie om hierdie plaas- en plaaslewe met Bloemfonteiners en verbygangers te deel.

Die plaas is net langs die N1 aan die R30 Brandfortweg, ongeveer 30 km buite Bloemfontein geleë. Hulle bied ontspanningsaktiwiteite soos onder meer fietsry en hindernisbane aan.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.