Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Thu, 04 Feb 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister goeie ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die ondersteuning in die mark kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die groot verwagte uitvoerverkope wat die week aangekondig behoort te word.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit én geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R16/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 059/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R23/ton laer verhandel om teen R3 198/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag.
Die onsekerhede rakende die Suid-Amerikaanse produksie vir die seisoen bied steeds ondersteuning aan die pryse.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R88/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 524/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die ondersteuning in die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan die oorspoel-effek vanaf ander grane en oliesade.
Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakte wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R39/ton laer verhandel om teen R5 198/ton te sluit.
OFM-nuus
