On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Wolmark mag sywaarts beweeg weens Chinese Nuwejaarsvieringe

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 05 Feb 2021

Wolmark mag sywaarts beweeg weens Chinese Nuwejaarsvieringe | News Article
Foto: swicofil.com

Vooruitsigte toon dat die Rand teen die vernaamste geldeenhede mag versterk.

Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, voeg verder by dat met die gesamentlike effek van die Chinese Nuwejaarsvieringe op hande, is die verwagting dat die wolmark mag sywaarts beweeg. 

Hier is Victor…

Sien onderstaande PODCAST

Hy sê fynwol bly in sterk aanvraag en daarom is die verwagting dat negatiewe beweging minimaal op hierdie tipes wol blyk te wees.

Victor sê wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 0,2% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.

Hy voeg by dat sertifisering ‘n belangrike aspek is en 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 10 Februarie 2021, waar sowat 7 127 bale aangebied sal word.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.