Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 05 Feb 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark uitvoerverkope vir die week is op ongeveer 7.5 miljoen ton gerapporteer.
Die weeklikse uitvoerverkope is aan die hoë kant van die weeklikse handelsverwagtinge en ondersteunend tot die mark. China was die grootste koper van Amerikaanse mielies vir die week.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit én geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 156/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R93/ton hoër verhandel om teen R3 283/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboon-uitvoerverkope vir die week was ongeveer 1.46 miljoen ton.
Die uitvoerverkope was goed in lyn met die weeklikse handelsverwagtinge en aansienlik meer as die vorige week se uitvoerverkope.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R130/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 630/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koring-uitvoerverkope vir die week was ongeveer 735 000 ton.
Die weeklikse uitvoerverkope was nader aan die bopunt van die weeklikse handelsverwagtinge en aansienlik meer as die vorige week se uitvoerverkope.
Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakte wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R9/ton laer verhandel om teen R5 185/ton te sluit.
OFM-nuus
