On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 08 Feb 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Amerikaanse mieliepryse was Vrydag effens gemeng op ongelyke tegniese bewegings, terwyl handelaars wag op ‘n opdatering vir die vraag en aanbod in die volgende WASDE-verslag van USDA wat Dinsdag sal verskyn.

Verlede jaar het China Amerikaanse landbougoedere van $28,75 miljard gekoop volgens die jongste USDA-data.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal onder druk gekom oor al die kontrakte wat vir wit- en geelmielies gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R35/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 121/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R33/ton laer verhandel om teen R 3 242/ton te sluit.


Sojabone:

Amerikaanse sojaboonpryse het Vrydag met 'n matige styging die sessie ingekom, maar 'n laat rondte tegniese verkope het die prys na die einde in die rooi gedruk.

Laer binnelandse voorrade in die VSA ondersteun hoër pryse, maar handelaars bly bang oor die vooruitsigte vir 'n moontlike rekord-oes in Brasilië hierdie seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag wisselvalig verhandel vir die dag maar het hoofsaaklik die dag se verhandelinge sterker gesluit oor meeste kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R70/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 700/ton te sluit.


Koring:

Amerikaanse koringpryse het Vrydag 'n blaaskans gekry, die resultaat was tegniese aankope wat sommige kontrakte meer as 1% hoër beweeg het.

Die Oekraïne se graanuitvoer vir 2020/21 het tot dusver op 'n jaargrondslag 20,5% afgeneem nadat dit nie die rekord-oes van 2019 kon ewenaar nie.

Die plaaslike koringmark het Vrydag onder druk gekom en oor die meerderheid kontrakte wat gelys is, swakker geëindig.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021 R36/ton laer verhandel en gesluit teen R5 238/ton.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.