Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 10 Feb 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Gister was 'n rustige dag van verhandeling, want handelaars regoor die wêreld wag op die resultate van die maandelikse WASDE-opdatering van USDA wat gister laat uitgekom het. Amerikaanse mieliepryse het gevolglik toegeneem en 'n nuwe hoogtepunt van sewe en 'n half jaar gehaal.
Uitvoer was waarskynlik die primêre skuldige gewees vir die krimpende mielievoorraad vir 2020/21. Die mielie-uitvoer tot op hede is byna 25% hoër as die vyfjaargemiddelde, hoofsaaklik as gevolg van die Chinese vraag.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gekry oor al die kontrakte wat vir wit- en geelmielies gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R38/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 185/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R47/ton hoër verhandel om teen R3 312/ton te sluit.
Sojabone:
Amerikaanse soja-termynkontrakte het gister met 'n prysverhoging van 1% verhandel omdat reën in Brasilië oestempo vertraag het en die Amerikaanse voorrade afgeneem het.
Die Chinese vraag het tot dusver tot 97% van die USDA se skatting in Januarie 2021 vir die vraag na uitvoer van sojabone vir 2020/21 bereik. Ten spyte van 'n handjievol nuwe verkope wat die afgelope weke aangekondig is, het die VSA reeds byna 92% van China se totale sojaboonverpligtinge vir 2020/21 na China verskeep.
Die plaaslike sojaboonmark het gister wisselvalig verhandel vir die dag maar het hoofsaaklik die dag se verhandelinge sterker gesluit oor sommige kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R150/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 860/ton te sluit.
Koring:
Amerikaanse koringmark het gister verliese vermy weens die koue wat uitdagende toestande bied wat pryse gister tot ‘n hoogtepunt van een week gestuur het.
Die Franse ministerie van boerdery het oornag aangekondig dat sagtekoring aanplantings van 2021/22 met 15% gestyg het teenoor die vorige jaar as gevolg van verbeterde planttoestande. Die toename in winterkoringsaailinge sal waarskynlik lentekoringaanplantings in Frankryk verminder. Frankryk is die grootste koringprodusent van die Europese Unie.
Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en oor die meerderheid kontrakte wat gelys is swakker geëindig.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021 R6/ton laer verhandel en gesluit teen R5 222/ton.
OFM-nuus
