On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Styging in veepryse aangeteken

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 11 Feb 2021

Styging in veepryse aangeteken  | News Article
Foto: sussex.co.za

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.

Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. 

Sien onderstaande PODCAST

Derksen deel dat vleispryse mooi oor die hele veespektrum gestyg het en dat Februarie as ‘n reël ‘n goedkoop maand is.

Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R44,20 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,16 en speenkalwers oor 250kg het teen R38,57 per kg verkoop.

Ander veilingspryse vir beeste:

A-klas beeste
R27,61 per kg



B-klas beeste
R25,48 per kg



C-klas vet koeie
R24,11 per kg



Maer koeie
R18,00 per kg - R22,05

Slagbulle
R25,30 per kg



Skape




Stoorlammers
R41,03 per kg



Slaglammers
R39,88 per kg



Stoorskape
R33,09 per kg



Vetskape
R32,04 per kg



Bokke




Lammers
R48,77 per kg



Ooie
R38,67 per kg




Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.