On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 12 Feb 2021

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf.

Sien onderstaande PODCAST

Verskeie landbou-organisasies het hulle kommer uitgespreek oor die nuwe verhoogde minimumloon wat Maandag in die Staatskoerant gepubliseer is. Die nasionale minimumloon is van R18.68 na R21.69 per uur aangepas vir plaaswerkers. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), het sy teleurstelling uitgespreek en gesê die regering se besluit om die minimumloon met 16% aan te pas kom op ‘n tyd waar dit ekonomies geweldig uitdagend is om voedsel te produseer. Wilken meen dat die aanpassings kan lei tot werkverliese. Daarmee saam het Agri SA bygevoeg dat dit die departement in kennis gestel het dat die landboubedryf ’n veelsydige sektor is wat bestaan uit meestal klein- en mediumskaalboere, terwyl grootskaalse kommersiële boere slegs ’n klein persentasie van die bedryf uitmaak. Die organisasie sê hierdie klein- en mediumskaalse boere moes reeds die gevolge van die onlangse droogte absorbeer, wat vererger is deur die uitwerking van die pandemie. Agri SA meen dit is teleurstellend dat hierdie kritiese faktore nie in ag geneem is nie. Verder het Jannie Strydom,  uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, gesê die styging kom te midde van die nadelige uitwerking wat Covid-19-regulasies op die landbousektor gehad het, veral die impak op die wynwaardeketting met die verkope van alkohol wat reeds drie keer sedert die begin van die inperking verbied is.

Each day 182 cattle worth R2,4 million, 282 sheep worth R621 000, and 138 goats worth R333 000 are stolen in South Africa. This is according to Willie Clack, chair of the National Stock Theft Prevention Forum. Netwerk24 reports Clack presented the shocking figures recently in a presentation to the inter-ministerial committee's workshop on rural and urban safety to show how problematic livestock theft is. According to official figures, stock theft increased by 16.5% in the four years to 2020. In the 2016-17 financial year, 188 750 cattle were stolen and this increased to 219 961 in 2019-20. The total losses over the past three financial years amounts to between R1.1 billion and R1.2 billion annually. The value of livestock recovered in the 2019-20 financial year amounts to R99 million.

EN

Boerderygemeenskappe moet hulle waaksaamheid en weerbaarheid verhoog wanneer hulle hul plaaswerf of woning nader. Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike Veiligheidskomitee, sê meer as die helfte van aanvalle en moorde word buite wonings gepleeg. Le Roux sê boeregemeenskappe, insluitend hulle gesinne, moet hulself op ‘n gereelde basis bemagtig deur opleidingskursusse “in huis-en-haard-beskerming, asook gereelde skietoefeninge met gelisensieërde vuurwapens by te woon wat deur private sekuriteitsmaatskappye in landbouvereniging-verband aangebied en deur VL ondersteun word”.  Hy voeg by dat dit ook belangrik is om ‘n goeie verhouding met werkers en die plaaslike polisie te hê. Le Roux versoek ook dat boere moet aansluit by ‘n plaaslike veiligheidstruktuur en –plan. Sy advies kom nadat VL aangekondig het dat dit statistieke vir plaasaanvalle en -moorde wat in 2020 plaasgevind het, in Maart sal bekendstel.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.