Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 08:32 Mon, 15 Feb 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het ongeveer 0.25% laer gesluit vir die dag.
Private uitvoerders het Vrydag uitvoerverkope van ongeveer 312 000 ton se mielies aan die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag gemeng verhandel met die ou seisoen se kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl die nuwe seisoen se kontrakte ondersteuning gevind het en sterker verhandel het vir die dag.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R42/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 027/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R54/ton hoër verhandel om teen R3 166/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het ongeveer 0.25% sterker verhandel vir die dag.
Die verwagting in Brasilië is dat die seisoen se sojaboon produksie ongeveer 132.6 miljoen ton sal wees wat 3.2% meer is as die vorige seisoen se produksie.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R18/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 611/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag meestal gemeng verhandel, maar het sterker gesluit teen die einde van die dag.
Die Europese koringmark het Vrydag ook ondersteuning gevind en het ongeveer 0.6% hoër gesluit vir die dag.
Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R45/ton laer verhandel om teen R4 991/ton te sluit.
OFM-nuus
