On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   07:47 Wed, 17 Feb 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark-uitvoerverkope vir die week was 17% laer as die vorige week se uitvoerverkope.

Japan was die grootste koper van Amerikaanse mielies vir die week, gevolg deur Mexiko.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R16/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 030/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R7/ton hoër verhandel om teen R3 150/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboon-uitvoerverkope was laer as wat die algemene handelsverwagtinge was, en was ongeveer 52% laer as die vorige week se uitvoerverkope.

China was die grootste koper van Amerikaanse sojabone vir die week.

Die plaaslike sojaboonmark het gister gemeng verhandel met die ou seisoenkontrakte wat ondersteuning gevind het terwyl die nuwe seisoenkontrakte onder druk gekom het.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R6/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 520/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koring-uitvoerverkope was aan die onderkant van die weeklikse handelsverwagtinge en was ongeveer 13% laer as die vorige week se uitvoerverkope.  

Japan was die grootste koper van Amerikaanse koring vir die week.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R60/ton hoër verhandel om teen R5 015/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.